Springbokke se vlug uit Londen vertraag

Rugby: Die Springbokke kom môre in Suid-Afrika aan nadat hul vlug vanaf Londen na Johannesburg gekanselleer is. Die span sou gisteraand na Suid-Afrika terugvlieg om voor te berei vir die reeks teen Ierland. Die vlug is gekanselleer ná verskeie vertragings, wat die span gedwing het om vir ‘n ekstra nag in Londen te bly. Die span gaan nou laat vanmiddag terugvlieg. Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sal dus môre sy groep vir die Ierland-reeks bekend maak.