Springbokke, All Blacks oorheers Japan se Liga Een

Rugby: Nie minder nie as 14 Suid-Afrikaners en Nieu-Seelanders wat in die Wêreldbeker-eindstryd gespeel het, sal in aksie wees wanneer die Japanse Liga Een hierdie naweek afskop. Die Springbokke is Franco Mostert, Pieter-Steph du Toit, Faf de Klerk, Damien de Allende, Jesse Kriel, Cheslin Kolbe en Kwagga Smith. Kaptein Sam Cane, Brodie Retallick, Shannon Frizell, Ardie Savea, Aaron Smith, Richie Mo’unga en Beauden Barrett het vir die All Blacks gespeel. Nog ʼn All Black, Dane Coles, het die beseerde Bok-haker, Malcolm Marx, vervang by die verdedigende kampioen, Kubota Spears.