Springbok-vroue verpletter Kameroen 87-0

Die Springbok-vroue het Kameroen ‘n groot pak slae van 87-0 in hulle openingswedstryd van die 2023 Afrika-vrouebekerkampioenskap in Madagaskar gegee. Asiphe Mayaba het vier van die Springbokke se 15 drieë gedruk in haar eerste wedstryd vir die span. Die tussentydse afrigter, Louis Koen, sê dit was ‘n plesier om te sien hoe die vroue toepas waarvoor hulle geoefen het. Die Springbokke kom Woensdag teen Kenia te staan.