Springbok Vroue-sewesspan verwelkom nuwelinge
Rugby: Nompumelelo Mathe en Leigh Fortuin is twee nuwelinge in die Springbok Vroue-sewesspan vir die Afrika Vroue-sewestoernooi wat volgende naweek in Ghana plaasvind. Die drie top spanne sal kwalifiseer vir Wêreldrugby se uitdaagreeks. Suid-Afrika kom in hulle eerste wedstryd teen Burkina Faso te staan voor hulle sake uitspook met Zimbabwe en Tunisië in Groep A. Die hoofafrigter, Renfred Dazel, sê Mathe en Fortuin het ‘n groot indruk gemaak sedert hulle aansluiting by die oefenkamp.