Springbok-vroue moet nou fokus op Spanje na laas naweek se loesing

Die Springbok-vroue se stut, Babalwa Latsha, sê die fokus vir dié week is stewig gerig op die toets Saterdag teen die gasheer Spanje in Madrid. Suid-Afrika het die afgelope naweek ‘n nederlaag van 66-7 teen Kanada gely in hul eerste toetswedstryd sedert verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi. Latsha sê hulle het reeds die vertoning teen Kanada ontleed, en hulle weet waarop hulle moet verbeter om mededingend te wees teen Spanje.