Springbok-vroue geloof vir toewyding in sewesreeks

Die Springbok-vroue-sewes-afrigter, Renfred Dazel, het sy span geloof vir die toewyding oor die afgelope drie maande in die voorbereiding vir die Wêreldrugby-Sewes-uitdaagreeks. Hulle het in die eerste plek in die reeks geëindig, nadat hulle België in gister se eindstryd in Stellenbosch 17-14 geklop het. Dazel sê die span het in die laaste minuut van die eindstryd geweldige durf onder druk getoon. Die Suid-Afrikaners het België verlede week 17-10 geklop.