Spotify vier 5 jaar in SA, 21 miljoen speellyste in buurland geplaas

Die Sweedse oudio-stroomdiens, Spotify, vier vyf jaar sedert dit in 2019 in Suid-Afrika van stapel gestuur is. Volgens die besturende direkteur vir sub-Sahara Afrika, Jocelyne Muhutu-Remy, wil Spotify steeds meer plaaslike kunstenaars steun. Muhutu-Remy sê tot dusver is 21 miljoen speellyste deur Suid-Afrikaners op die platform geplaas, terwyl 304 musikante ontdek is. Sy sê die genres waarna die meeste geluister word, is hip-hop en amapiano: