Sportminister: FIFA Normaliseringskomitee moet geldsake ondersoek
Namibiese sokkerliefhebbers was geskok toe die FIFA Normaliseringskomitee van die Namibiese Sokkervereniging die Brave Warriors weens finansiële beperkings aan die Afrika Nasies-kampioenskap, CHAN, onttrek het, maar die sportminister sê die normaliseringskomitee moet hul werk doen. Die kwalifiserende wedstryde vir dié toernooi skop in Julie af. Met die onsekere stand van die NFA se geldsake het die Normaliseringskomitee met geen ander keuse gelaat nie as om die Brave Warriors aan CHAN te onttrek en eerder op die Brave Warriors se ander internasionale deelnames, AFCON 2023 en COSAFA 2022, te fokus. Sportminister Agnes Tjongarero, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die geldsake moet eers ondersoek word.