Sport

Die MTC Namibiese binnenshuise manshokkiespan het in Kaapstad die Proteas gewys hulle is reg vir ‘n baie spannende reeks van vier binnenshuise toetse nadat die eerste wedstryd gelykop met 3-3 geëindig het. Die volgende wedstryde vind vanaand, Saterdagaand en Sondagmiddag plaas. Dit is vir beide spanne ter voorbereiding vir die Binnenshuise Wêreldbekertoernooi in Liege in België wat van 2 tot 6 Februarie 2022 plaasvind.