SPORT 

Namibië se Brave Gladiators is in ‘n uitdagende Groep A geloot met gasheer Suid-Afrika, Eswatini, en Seychelle vir die Cosafa-vrouekampioenskap van 22 Oktober tot 2 November in Gqeberha. Veertien spanne sal aan die toernooi deelneem, die meeste ooit vir ‘n vrouekompetisie op die Afrika-kontinent. Ondanks die strawwe kompetisie het hoofafrigter Woody Jacobs vertroue in sy span uitgespreek.