Spoedige ondersoek gevra na brand by Gautengse skool
Die DA in Gauteng vra ‘n spoedige ondersoek na Woensdag se brand by die Zodwa Special School in Atteridgeville, Tshwane. Die brand is deur ‘n gasontploffing veroorsaak wat tydens herstelwerk plaasgevind het. Twee werknemers van die maatskappy wat werk aan vraghouer-klaskamers by die skool gedoen het, is dood, Vier ander mense is beseer. Khume Ramulifho van die DA sê die provinsiale onderwysdepartement moet seker maak dit gebeur nooit weer nie.