Spesiale stemme word Woensdag uitgebring

Geregistreerde Namibiërs wat hulle buite die land bevind en nie op 27 November plaaslik kan stem nie, sal Woensdag by die 35 Namibiese diplomatieke missies stem. Meer as 2 000 kiesers is by diplomatieke missies geregistreer. Spesiale stemme sal ook Woensdag by 33 stemlokale regoor die land plaasvind. Diegene wat in aanmerking kom vir spesiale stemme is die Namibiese Polisie, Namibië Korrektiewe Dienste, Namibië Weermag, en seegaande personeel. Sowat 8 000 kiesers het vir spesiale stemme geregistreer. Elsie Nghikembua, die voorsitter van die Namibië Verkiesingskommissie, het by ‘n perskonferensie gepraat.