Spesiale korrupsie-hof is broodnodig

Verlede jaar is 67 van die Teenkorrupsie-kommissie se 142 sake van die hand gewys, meestal as gevolg van vae of onvoldoende inligting. Die kommissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sommige sake is moeilik om te finaliseer, maar die land se howe speel ‘n groot rol in die klein getal sake wat suksesvol vervolg word. Kosmos 94.1 Nuus het gaan kers opsteek by Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat bevestig dat daar ‘n aparte hof moet wees vir korrupsie-sake.