Spesiale beskerming vir Israel by die Spele

Israel se deelnemers by die Spele in Parys sal 24-uur beskerming kry te midde van spanning in die Gazastrook. Dit volg nadat die verlinkse wetgewer Thomas Portes gesê het die Midde-Oosterse land se atlete is nie welkom in Frankryk nie, en betogings gevra het teen hulle deelname. Die byeenkoms word gehou 52 jaar nadat 11 Israeli’s in 1972 tydens die Spele in München in Duitsland dood is in ‘n terroristeaanval. ‘n Gedenkdiens vir die slagoffers is verskuif van die stadsaal in Parys na die ambassade van Israel.