Spele: Veteraan kommentator uitgeskop vir seksistiese aanmerkings
Eurosport het die veteraan Britse kommentator, Bob Ballard uitgeskop uit sy dekking vir wat beskou word as ‘n seksistiese opmerking oor Australiese vroueswemmers nadat hulle in Parys gouemedaljes gewen het. Hy het verwys na hoe lank dit vroue neem om reg te maak toe lede van die vier-by-100-meter vryslagspan uit die swemsentrum gestap en vir die skare gewaai het. Ballard het gelag toe sy medekommentator, Lizzie Simmonds, sy opmerking, verregaande genoem het, en die voorval het opslae gemaak op sosiale media.