Spele: Seine-rivier moet skoon kom

Franse owerhede poog om die Seine-rivier in Parys skoon genoeg te kry sodat daar in hom geswem kan word voor die sport-skouspel volgende jaar begin. In 1900, tydens die eerste Spele in Parys, is ‘n paar byeenkomste in die rivier aangebied maar, dit is nou so besoedel, dat dit gevaarlik is. ‘n Franse limnoloog, Dan Angelescu doen op die oomblik toetse op die rivier. Hy sê die grootste risiko kom van storms. Wanneer reënwater in Parys se rioolstelsel instroom, kan dit oorloop en die ekstra water word dan in die rivier afgegooi, wat dit met giftige bakterieë besoedel. ‘n Ondergrondse bergingsfasiliteit word nou daarvoor gebou. Instussen sê Angelescu hy toets vir die konsentrasievlakke vir twee bakterieë, E. coli en Enterococcus, albei aanwysers van fekale materiaal in die water.