Spele se mans 100 meter taaiste ooit
Parys het een van die merkwaardigste Olimpiese 100-meter-naellope ooit aanskou. Noah Lyles het sy eerste Olimpiese medalje gewen toe hy die wenstreep in slegs ‘n vyfduisendste van ‘n sekonde voor Kishane Thompson van Jamaika oorgesteek het. Die Amerikaner se wentyd was 9,79-sekondes, terwyl ál agt deelnemers binne 0,12 sekondes van die goue medalje geëindig het. Dit was ook die eerste keer dat agt mans onder tien sekondes gehardloop het, wat dit die vinnigste wedloop ooit maak. Lyles sê dit was ongelooflik naelskraap: