Spele-medaljes bevat stukkie van Eiffeltoring

Die medaljes wat op vanjaar se Spele in Parys toegeken word, sal ‘n stukkie van die Eiffeltoring bevat. Die organiseerders het die medaljes onthul, wat ‘n seshoekige stukkie yster bevat wat soos ‘n edelsteen in die middel van die medaljes geplaas is. Die metaal is verkry van ‘n pakhuis waarin die bedryfsmaatskappy wat die toring in stand hou, afvalstukke van die staal berg. Die medaljes is ontwerp deur die hoog-aangeskrewe plaaslike juweliersmaatskappy Chaumet. Altesaam 5 084 goue, silwer en brons medaljes sal toegeken word tydens die Spele, wat van 26 Julie tot 11 Augustus plaasvind.