Spele: Amerikaners bring hulle eie lugversorgers

Die Amerikaanse span gaan lugversorgers aan sy atlete in Parys verskaf en sluit aan by ‘n handjievol lande wat die organiseerders se planne ondergrawe om koolstof-vrystellings te beperk. Die uitvoerende hoof van die VSA Olimpiese en Para-Olimpiese organisasie, Sarah Hirshland, sê die stap is bedoel om die Amerikaanse span se vertoning te bevorder. Duitsland, Australië, Italië en Brittanje is van die ander lande met planne om lugversorgers na Frankryk te bring.