Spele: 35 000 militêre personeel vir openingseremonie

Frankryk gaan 35 000 sekerheids- en militêre personeel ontplooi om die openingseremonie van die Olimpiese Spele in Parys volgende jaar teen bedreigings insluitend hommeltuigaanvalle te beskerm. Die openingseremonie sal langs die Seine-rivier plaasvind, met atlete en beamptes van meer as 200 lande. Ongeveer 600 000 toeskouers word verwag. Die Franse minister van Binnelandse Sake, Gerald Darmanin, sê die aanwending van hommeltuie met plofstof is ‘n nuwe wending en hulle is gereed om dit te beveg.