Speenkalfpryse effe beter maar steeds laer as in buurland

Die prys van speenkalwers daal al sedert die begin van die jaar, terwyl produsente weens die droogtetoestande dringend ’n mark vir hul diere soek. Volgens die Namibië Landbou-unie se jongste verslag oor veilingspryse in die eerste week van September is gemengde groepe tollies en verse teen 24,97 Namibiese dollar per kilogram verkoop. Die prys vir tollies was 29,87 per kilogram, en vir verse 26,79 per kilogram. Desmond Cloete, bemarkingshoof by die Vleisraad van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus die redes vir die laer pryse gedeel.