Speenkalfpryse daal steeds en hier is hoekom

Die prys van speenkalwers daal sedert die begin van die jaar, te midde van produsente wat dringend ‘n mark vir hul diere soek weens die droogte-toestande. Volgens die jongste verslag van die Namibiese Landbou-unie is veilingspryse vir die week vir gemengde tollies en verse 21 Namibiese dollar 61 sent per kilogram, vir tollies 27 dollar 61 sent per kilogram en vir verse 25 dollar 24 sent per kilogram, wat ‘n verdere daling verteenwoordig. Fransina Angula, statistikus vir handel en bemarking by die Vleisraad het die redes vir die afname in pryse met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.