Speaker verloor in die hof, inhegtenisname geldig

Die Speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se poging om haar inhegtenisneming, te keer, is deur die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria met koste van die hand gewys. Die hof het die dringende aansoek van die rol geskrap en daarop gewys dat die toestaan van so ‘n bevel die sluise kan oopmaak. Mapisa-Nqakula word ondersoek vir beweerde korrupsie en geldwassery tydens haar termyn as minister van Verdediging en Militêre Veterane. Regter Sulet Potterill het beslis die hof kan nie ‘n arrestasie onregmatig verklaar voordat dit gebeur het nie: