Speaker sal vanmiddag in Pretoria-laerhof verskyn

Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal vandag in die Pretoria-landdroshof verskyn, nadat sy vroeër by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion aangekom het. Sy het haarself volgens berigte aan die polisie oorgegee op aanklagte wat verband hou met beskuldigings dat sy miljoene rand se omkoopgeld en gunslone van ‘n kontrakteur aanvaar het toe sy minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Mapisa-Nqakula, wat Woensdag as speaker bedank het, hou vol sy is onskuldig.