Speak Jesus-gebedsbyeenkoms by WHS se Vegkop

Die bekende evangelis en geestelike skrywer Angus Buchan is die gasspreker volgende Saterdag op 25 Maart by die Speak Jesus-geleentheid in die hoofstad. Die Namibiese geestelike gemeenskap wil die byeenkoms aanbied om vir Namibië en Afrika te bid. Dit sal byna alle maatskaplike kwessies aanspreek waarmee Namibiërs te kampe het. Hierdie gebedsbyeenkoms begin om nege-uur die oggend by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion. Almal is welkom en toegang is gratis, sê die organiseerder Romie van Wyk sê aan Kosmos 94.1 Nuus.