Spaza-winkels: Moenie informele sektor oorreguleer nie
‘n Arbeids-regsgeleerde, Michael Bagraim, doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om nie die informele sakesektor te oorreguleer nie, ná afloop van die toenemende aantal voedselvergiftigingsgevalle wat veroorsaak word deur kos vanaf spaza-winkels. Hy sê oorregulering sal beslis die informele sektor se vermoë om deel van die formele sektor te word, vernietig. Hy sê daar is ongeveer 2 000 inspekteurs en duisende klein ondernemings in die land.