Spar kry beheer oor N$65m van Theo’s Superspar se bates
Die reël nisi in die saak waar die Spar-groep Theo’s Superspar in Otjiwarongo dagvaar is deur regter Nate Ndauendapo bevestig en daar is beveel dat die Spar-groep beheer neem van sy bates tot en met die waarde van 65 miljoen Namibiese dollar sowel as ‘n addisionele 6,5 miljoen dollar om sy skuld te delg. Die groep beweer dat Theo’s Spar se handelsaktiwiteite tydens Covid aansienlik geraak is. Huurinvorderings van die respondent se eiendomsbeleggings het ook beperk geraak, en kontantvloei het onder erge druk gekom. Die groep sê die ontslape Theo Borstlap was besig om die uitdagings aan te spreek maar is na ‘n brandongeluk op 6 Junie verlede jaar dood. Die regter het ook ‘n kostebevel uitgereik.