Spanning neem toe tussen Iran, Israel na aanval
‘n Missielaanval op die Siriese hoofstad Damaskus het vyf lede van die Iran se elite Rewolusionêre Wagte gedood, insluitend die hoof van die mag se inligtingseenheid. Volgens berigte het ‘n aantal Siriese weermaglede ook in gister se aanval gesterf. Die Siriese weermag sê die vierverdieping residensiële gebou is heeltemal in die aanval vernietig. Iran se ministerie van Buitelandse Sake blameer Israel vir die aanval en hy sê hy behou die reg voor om te reageer. Daar was nie enige onmiddellike kommentaar van Israel nie.