Spanning loop steeds hoog in Maputo
Spanning is hoog in Mosambiek se hoofstad, Maputo, weens ‘n betoging oor die betwiste verkiesingsuitslag wat vir vandag beplan is. Venâncio Mondlane, die onafhanklike opposisie-presidentskandidaat wat uit die land gevlug het ná die verkiesing, sê hy sal terug wees om sy ondersteuners in die betoging te lei. Suid-Afrika het gister sy Lebombo-grenspos by Komatipoort in Mpumalanga tydelik gesluit na voertuie aan die Mosambiekse kant uitgebrand is. Sewe Mosambiekse amptenare het skuiling in Suid-Afrika versoek vir veiligheid en beskerming, volgens Reuters. Minstens 18 mense is reeds in die betogings dood, volgens menseregtegroepe.