Spanning loop blykbaar hoog in SA se onderhandelings 

Die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid in Suid-Afrika is op ‘n mespunt, nadat president Cyril Ramaphosa glo ‘n kabinetsaanbod aan die DA gemaak het, en dit toe teruggetrek het. Die DA is na bewering die ministerskap van handel en nywerheid aangebied, maar dit is vervang met toerisme. Die DA is woedend en dring aan op die oorspronklike poste, en sê hulle sal nie heronderhandel nie. Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder prof. Andre Duvenhage gepraat, wat sy siening uiteensit.