Spanning in Swapo-kamp
Daar blyk om onmin in Swapo te wees met die nuus dat die politburo eenparig besluit het om die adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah as die party se presidensiële kandidaat te ondersteun. Sommige senior partylede meen die politburo kan nie so ‘n besluit maak nie en die sentrale komitee moet vergader. Maar die Engelse dagblad, The Namibian berig dat die party geld vir spaar vir die verkiesing en eers volgende jaar ‘n buitengewone kongres hou om ‘n partypresident, na die afsterwe van Hage Geingob, te verkies.