Spanning in die Midde-Ooste neem toe, en die olieprys?
Die olieprys verhandel net bo 83 Amerikaanse dollar per vat, maar Israel het oor die naweek Houthi-militêre teikens naby Jemen se Hodeidah-hawe in terugaanvalle getref en ‘n olie-fasiliteit geteiken. Die Houthi’s is ‘n bondgenoot van Iran, een van die wêreld se groot olieprodusente. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor hoe die aanval die olieprys sal beïnvloed.