Spanje en Afrika onder die loep by Unam vanmiddag

Die Universiteit van Namibië sal vanmiddag om drie-uur ‘n openbare lesing by die hoofkampus in Windhoek aanbied met die fokus op die onderwerp, Spanje in Afrika: Gedeelde uitdagings en geleenthede. Spaanse ambassadeur Alicia Rico Perez Del Pulgar wat haar diplomatieke loopbaan in 1991 begin het, sal die hoofspreker van die lesing wees oor die huidige en toekomstige Spaans-Namibiese vennootskap. Sy is tans die direkteur-generaal vir Afrika in die ministerie van buitelandse sake in die Europese Unie. Simon Namesho, Unam se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…