Spanjaard doodgetrap in Pilanesberg
‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ‘n Spaanse toeris Sondag in die Pilanesberg Nasionale Park in Noordwes deur ‘n olifant gedood is. Die man in sy dertigs het uit sy motor geklim het om ‘n olifant van nader te beskou. Noordwes se Parke- en Toerismeraad sê volgens verklarings deur ooggetuies het die olifantkoei op die man afgestorm en hom aangeval, vermoedelik om haar trop te beskerm. Die park waarsku besoekers om altyd ‘n veilige afstand tussen hul voertuie en diere te hou.