Space-X sal wegdoen met Internasionale Ruimtestasie 

Nasa het Elon Musk se SpaceX-maatskappy gekies om die Internasionale Ruimtestasie aan die einde van sy lewe te vernietig. Die maatskappy sal vroeg in die volgende dekade ‘n tuig bou wat die 430-ton wentelende stasie uit die ruimte in die Stille Oseaan kan stoot. Die kontrak vir die werk is tot 843 miljoen Amerikaanse dollar werd. Nóg Nasa nóg SpaceX het besonderhede van die ontwerp vir die ruimte-“sleepboot” bekend gemaak, maar dit sal aansienlike krag verg om die stasie veilig op die regte plek en op die regte tyd die atmosfeer in te stoot.