S&P hou SA se kredietgradering onveranderd
Standard and Poor’s Global Ratings het na ‘n geskeduleerder hersiening besluit om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd te laat. Die Amerikaanse kredietgraderingsagentskap noem verwagtings van groei deur privaat sektor kragopwekking, wat teengewerk word deur kommer oor Transnet se uitdagings, wat ekonomiese vooruitsigte kan demp. Ondanks stygende staatskuld, beklemtoon S&P Suid-Afrika se sterkpunte, wat ‘n aanpasbare wisselkoers en ‘n geloofwaardige Reserwebank insluit. Daarby dui bronne in die Tesourie op ‘n moontlike bereiking van ‘n primêre begrotingsurplus, vir die eerste keer in 15 jaar.