Sowat N$1 miljard om aan witmielie-vraag te voldoen: Akkerbouraad

Die totale gemiddelde jaarlikse verbruik van witmielies oor die afgelope vyf jaar in Namibië was 178 000 ton. Die hoogste hoeveelheid wat plaaslik tydens goeie reënval geproduseer is, was 98 000 ton. Met die uiterste droogte vanjaar sal na verwagting net 33 000 ton geoes word. Dit beteken dat in slegs 18 persent van die totale vraag voorsien sal word, volgens Dr. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Akkerbouraad. Mwazi het by die regering se inligtingsessie gepraat en gesê sowat ‘n miljard Namibiese dollar sal spandeer moet word om in die vraag te voldoen.

Mwazi het ook uiteengesit wat die raad doen om die gevolge van toekomstige droogtes te versag.