Sover nog nie hondsdolheid onder plaaslike robbe

Die Stad Kaapstad sê daar is vyf bevestigde gevalle van hondsdolheid onder die Kaapse pelsrob-bevolking. Die stad het ‘n spesiale inter-regeringskomitee gestig om die omvang van die siekte by die robbe te bepaal en ‘n bestuurstrategie in te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, oor of daar enige hondsdolheid onder plaaslike robbe is. Hy sê daar is nog nie enige vreemde gedrag onder die robbe gesien nie.