Soveel vir ‘16 dae van aktivisme’ 

Die Namibiese polisie het die 11de verkragting in die eerste 9 dae van die sogenaamde 16 dae van aktivisme bevestig. In ‘n opdatering na die oorskot van ‘n vrou in die Ignatius Loyolastraat op 3 Desember gevind is sê die mag ‘n lykskouing toon dat die vrou verkrag is en toe verwurg is. Die verdagte het voorheen gesê die 35-jarige Eveline Gariseb is in haar slaap langs hom dood na ‘n nag van kuier. ‘n Namibiese man, 29, is in hegtenis geneem op klagte van verkragting en moord. Intussen het ‘n uiters hartseer verhaal homself op Rehoboth uitgespeel. Die ouma van die 12-jarige Jean Romeo Möwes het hom in die badkamer aangetref waar hy homself gehang het. Daar was geen selfmoord nota nie. Paramedici het alles in hulle vermoë gedoen om hom by te staan maar dit was te laat.