Soveel huise, soveel erwe, soveel toilette…

Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni het pas sy begrotingstoekennings in die parlement voorgelê. Hy sê in samewerking met die Shackdwellers’ Federation en ander rolspelers is daar in die afgelope boekjaar 1 751 erwe gediens en 1 479 nuwe huise gebou.

Die land het ‘n agterstand van 300 000 eenhede wat ongeveer 76 miljard Namibiese dollar sal kos. Uutoni sê verder dat 20 miljoen Namibiese dollar aan streeksrade toegeken is om toilette te bou vir landelike gemeenskappe. Die regering se teiken, volgens die volhoubare doelwitte van die VN, is 12 500 eenhede per jaar.