Sosiale media geblok in Mauritius tot na verkiesing

Mauritius het toegang tot sosiale media geblok enkele dae voor die algemene verkiesing, met toenemende spanning oor ‘n afluister-skandaal. Omstredenhede is volop op die eiland sedert geheime opnames van telefoonoproepe deur politici, joernaliste, lede van die burgerlike samelewing en selfs buitelandse diplomate verlede maand aanlyn uitgelek het. Die eerste minister, Pravind Kumar, sê internetdiensverskaffers is beveel om toegang tot sosiale netwerke wat die meeste gebruik word te blok tot 11 November, ‘n dag ná die verkiesing. ‘n Oud-diplomaat, Jean Michel de Senneville het ekslusief uit Port Louis in Mauritius met Kosmos 94.1 gepraat.