Sosiale media beïnvloed verwagtinge, persepsies

Volgens internasionale peilings gebruik amper 63 persent van die wêreld sosiale media platforms en die syfer groei jaarliks met 266 miljoen nuwe gebruikers wat net in die laaste jaar bygekom het. Meer as twee ure daagliks word op die toepassings spandeer en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by plaaslike sielkundige Anna Wucher oor die impak hiervan op ons welstand. Die nuus is nie goed nie.