Sopkombuis in Havana bedank skenkers

’n Sopkombuis genaamd Porridge Storage het sy bedrywighede in 2019 begin en is in die Havana informele nedersetting oorkant Laerskool Havana in die hoofstad geleë. Dit voed tans meer as 300 minder bevoorregte kinders tussen die ouderdomme van 1 en 19 jaar, en skenk terselfdertyd ook sanitêre doekies aan meisies wat dit nie kan bekostig nie. Porridge Storage het besoek gehad van ‘n groep mense wat onder meer skoolbenodighede en higiëniese produkte aan sowat 200 kinders by die sopkombuis geskenk het. Stigter Martha Festus, deel haar dankbaarheid oor die skenking met Kosmos 941. Nuus.