Sony wil Queen se musiekkatalogus koop
Sony Music beraadslaag volgens berigte om Queen se musiekkatalogus vir meer as 18-miljard-rand te koop. Die rockgroep met voorsanger Freddie Mercury wat in 1991 dood is, is bekend vir liedjies soos Bohemian Rhapsody, We Will Rock You en Another One Bites The Dust. Sony het vroeër vanjaar ook ʼn 50-persent-aandeel in wyle Michael Jackson se musiek uit sy boedel aangekoop. Sterre soos Beyonce, Bob Dylan, Neil Young, Shakira en Barry Manilow het almal die afgelope jare hulle musiekregte verkoop.