Sonstorms op pad in komende dae

Aardbewoners kan in komende dae ‘n geo-magnetiese storm te wagte wees ná nie minder nie as 17 sonvlamme waargeneem is wat op dieselfde plek op die son uitgebars het. Dit lei tot verstrengelde magnetiese velde en saamgeperste plasmas wat sterk geomagnetiese storms kan veroorsaak, wat beteken dat die auroras nader aan die ewenaar as gewoonlik gesien kan word. Die 17 sonvlamme het gelei tot nie een, maar twee plasmawolke wat op Planeet Aarde afstuur, waarsku die Amerikaanse ruimte-weervoorspellingsentrum.