Sonny Bill Williams kap Eddie Jones hard

Rugby: Die All Blacks-legende, Sonny Bill Williams, het hom skerp uitgelaat oor Eddie Jones en bestempel hom as ʼn verleentheid wat ooglopend nie oop kaarte met die Australiese spelers en ondersteuners gespeel het nie. Jones is gister as die hoofafrigter van Japan aangestel, ses weke nadat hy weg is by die Wallabies, na hulle sukkelende vertoning by die Rugby Wêreldbeker. Die 63-jarige het herhaaldelik ontken daar steek enige waarheid in berigte oor sy moontlike terugkeer na die pos in Japan. Williams, ‘n tweemalige Wêreldbeker-wenner, is nou ʼn ontleder en beskryf die situasie as bejammerenswaardig.