Sonkrag, windkrag, en nou … seekrag!

Die omgewingministerie het die omgewingsimpakbeoordeling van die Finland-gebaseerde AW-Energy WaveRoller see-energie-loodsprojek in Namibië goedgekeur. Kaoko Green Energy Solutions sê dit stel WaveRoller in samewerking met Kaoko se vennote, AW-Energy en Impact Tank Namibia, in staat om die projek te implementeer. Die loodsprojek sal die potensiaal ondersoek om see-energie te benut om volhoubare elektrisiteit op te wek. Planne is om die tegnologie oor die hele Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te skaal. Die assessering verseker dat die tegnologie ontplooi kan word terwyl Namibië se mariene ekosisteme beskerm word. Dit verskaf ook groter vertroue aan beleggers, en dui die projek se lewensvatbaarheid in die hernubare energiesektor aan, volgens Kaoko.