Sonbesies neem ruskamp oor

Die Krugerwildtuin se bestuuur sê die Letaba-ruskamp is tans oorrompel deur sonbesies. Die bestuur waarsku besoekers oor die verskynsel, aangesien die klank, weens hul groot getalle, ‘n luidrugtige koor geword het. Hierdie insekte, bekend vir hul sporadiese verskynings, is skadeloos, maar is aangetrokke tot lig. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, raai gaste aan om hul deure in die aande toe te hou en stoepbeligting tot die minimum te beperk. Phaahla sê hulle getalle is hoog weens toestande soos die temperatuur, vogtigheid en reënval.