Sommige sê goud sal verswak, anders meen dis anders om

Die goudprys is tans rondom 2 020 Amerikaanse dollar per fynons maar, kenners meen die edelmetaal staan gereed om sy grootste verliese in ses weke aan te teken. Die rede daarvoor is die Amerikaanse Federale Reserwebank se aankondigings dat rentekoerse nie vinnig sal daal nie. Dit maak die Amerikaanse dollar sterker vir beleggers en dryf hulle weg van goud af omdat dit te duur word. Die Federale Reserwebank sê rentekoerse sal eers, op die vroegste, in die derde kwartaal van die jaar afgebring word. Gould word as ‘n veilige belegging beskou en met die huidige geopolitieke onbestendigheid meen sommige kenners die prys kan verder versterk. Chris Hart, Suid-Afrikaanse ekonoom, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.