Sommige paaie in Krugerwildtuin nog gesluit

Besoekers het begin toesak op die Krugerwildtuin vir die Paas-skoolvakansie. SANParke sê sommige paaie is steeds gesluit ná oorstromings. Hekkwotas vir dagbesoekers sal gedurende die Paasnaweek ingestel word, en besoekers word aangeraai om aanlyn te bespreek voor hul besoek. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê besoekers moet by ontvangs of hekke kyk vir die jongste inligting.